Die party, Front Nasionaal, verander sy naam na Afrikaner Selfbeskikkingparty

Die nasionalistiese party, Front Nasionaal, het Vrydagnag 10 Januarie op ʼn buitengewone Nasionale Kongres besluit om sy naam te verander na Afrikaner Selfbeskikking-party.

Die party se leier, adv. Jurg Prinsloo SC, sê die besluit om die naam “Afrikaner Selfbeskikking Party” te aanvaar is, dien ten doel om ondubbelsinnig aan die publiek die party se onherroeplike verbintenis tot die verkryging van Afrikaner selfbeskikking, insluitend ʼn eie volkstaat, te kenne te gee.

Die party sê hy sal ferm die verkryging van Afrikaner selfbeskikking najaag en in daardie proses die regerende party se kommunistiese agenda, wat onder andere die onteiening van bates sonder vergoeding behels, kragtig teenstaan.