Die personeel by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein het begin staak, nadat ʼn intern vanoggend vroeg amper verkrag is

Die personeel by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein het begin staak, nadat ʼn intern vanoggend vroeg amper verkrag is

Die personeel by die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein het begin staak, nadat ʼn intern vanoggend vroeg amper verkrag is.

Die vrou het die tong van die aanvaller gebyt toe hy haar probeer verkrag het.

Hy is later by die Nasionale hospitaal aangekeer toe hy vir behandeling gegaan het.

Die vrou ondergaan tans behandeling.

In 2010 is ʼn dokter by dieselfde hospitaal verkrag.

Die omgekrapte personeel dring daarop aan dat die sekerheidsmaatreëls by Pelonomi opgeskerp word.