Die personeel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens het gister net die helfte van hul salarisse ontvang

Die personeel van die Suid-Afrikaanse Lugdiens het gister net die helfte van hul salarisse ontvang, terwyl die beleërde lugdiens belowe het om die res Maandag te betaal.

Dit volg ná laasweek se staking wat die SAL nagenoeg R50-miljoen per dag gekos het.

Dié tekort word daaraan toegeskryf dat die lugdiens nog nie die regering se reddingsboei ten bedrae van twee miljard Rand ontvang het nie.

Die metaalwerkersvakbond, Numsa, het die omstandighede as teleurstellend bestempel.