Die polisie-helikopter wat onder geweervuur van transitorowers op die N8 buite die stad deurgeloop het, was die polisie in Bloemfontein se laaste werkende helikopter

Die polisie-helikopter wat Dinsdag onder geweervuur van transitorowers op die N8 buite die stad deurgeloop het, was die polisie in Bloemfontein se laaste werkende helikopter.

Netwerk24 berig die helikopter is gisteroggend agter op ’n vragmotor deur die Rosestad se strate na die Tempe-lughawe buite die stad gebring.

Die helikopter, wat onontbeerlik is vir die bestryding van misdaad in die streek, was die lugvleuel se enigste werkende helikopter nadat die ander een vroeër vanjaar in ’n storm beskadig is.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê hy kan nie kommentaar lewer oor die skade aan die helikopter en hoe lank die herstelproses sal duur nie.