Die polisie verhoed dat 'n groep besetters opnuut 'n oop stuk grond naby die Bram Fischer-lughawe buite Bloemfontein beset

Die polisie verhoed dat ‘n groep besetters opnuut ‘n oop stuk grond naby die Bram Fischer-lughawe buite Bloemfontein beset

‘n Groep besetters se pogings om opnuut ‘n oop stuk grond naby die Bram Fischer-lughawe buite Bloemfontein te beset, is deur die polisie in die kiem gesmoor.

Die polisie het sowat 200 mense verhinder om woonstrukture naby die lughawe te bou.

Die groep beweer hulle wag al jare dat die Mangaung metro erwe aan hulle gee.

Die woordvoerder van die metro, Qondile Khedama, sê die grond by die lughawe is kommersiële grond en onwettige besetting sal nie geduld word nie.

Khedama sê daar is ‘n hofbevel om enige onwettige besetting te verhoed.