Die reusestyging in brandstofpryse word bevestig

Die reusestyging in brandstofpryse word bevestig

Die minister van Energie, Jeff Radebe, het die verwagte reusestyging in brandstofpryse vanaf middernag môre bevestig.

Petrol styg met ʼn Rand per liter, diesel met een Rand 24 sent, lampolie met een Rand 4 sent en huishoudelike gas met een Rand en 79 sent per kilogram.

Radebe sê die vernaamste redes vir die skokkende stygings is die Rand/VSA dollar-wisselkoers en die styging in ruoliepryse en die invoerkoste van petroleumprodukte.