Die SAUK het berigte ten sterkste ontken dat hy die Staatsveiligheidsagentskap se dienste wil gebruik om op sy werknemers te spioeneer.

Die SAUK het berigte ten sterkste ontken dat hy die Staatsveiligheidsagentskap se dienste wil gebruik om op sy werknemers te spioeneer.

Die Sunday Times berig dit het vroeër die maand uit ʼn spesiale vergadering op die lappe gekom toe die korporasie se raad voorgestel het dat die uitlek van gevoelige inligting bestuur moet word.

Die SAUK het luidens ʼn verklaring gesê die berig is geheel en al onwaar en hy is bekommerd dat die koerant vertroulike raadsnotules gebruik het om inligting doelbewus te verdraai en sensasioneel voor te stel.

Die uitsaaier sê dit het paniek veroorsaak en gelei tot ʼn vertrouensbreuk tussen die SAUK-raad en die personeel.