Die parlement se Portefeuljekomitee oor Kommunikasie gaan van vandag af onderhoude voer met kandidate wat op die SAUK-raad wil dien

Die SAUK het sy bevindinge en aanbevelings oor die tugverhoor van die bedryfshoof, Chris Moruleng, aan die openbare uitsaaier se nuwe raad oorhandig

Die SAUK het sy bevindinge en aanbevelings oor die tugverhoor van die bedryfshoof, Chris Moruleng, aan die openbare uitsaaier se nuwe raad oorhandig.

Moruleng se toekoms by die SAUK is in die weegskaal nadat hy verlede week skuldig bevind is aan drie ernstige aanklagte, wat tot sy afdanking kan lei.

Daar is verlede jaar begin met Maroleng se ‘n tugverhoor, wat onafhanklik hanteer is.

Die SAUK se woordvoerder, Vuyo Mthembu, sê die saak sal nie die korporasie se daaglikse take beïnvloed nie.