Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het vir ‘n onmiddellike wapenstilstand in alle uithoeke van die wêreld gevra

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, het vir ‘n onmiddellike wapenstilstand in alle uithoeke van die wêreld gevra, aangesien die koronaviruspandemie ‘n algemene vyand is.

Hy het tydens ‘n virtuele nuuskonferensie in die VN se hoofkantoor in New York gesê die virus tref nie ‘n onderskeid tusen etnisiteit of nasionaliteit, faksie of geloof nie, terwyl gewapende konflikte steeds regoor die wêreld woed.

Hy voeg by dat die woede van die virus die dwaasheid van oorlog illustreer.