Anton Smith

Anton Smith

Omroeper; Bemarker

Anton Smith is ’n boorling van Port Elizabeth en het sy skool- en later jare in Bloemfontein gesluit. Hy is weeksdae verantwoordelik vir Rosestad Joernaal - 12:30-15:00.

Bernie Naude

Bernie Naude

Omroeper

Ek is ‘n gebore Bloemfonteiner en het vir sewe jaar diens gedoen in Johannesburg as ‘n ALS paramedikus.
Die liefde vir die vermaaklikheidsindustrie was egter te sterk en ek het aangesluit by OFM as aanbieder waar ek ook sewe jaar op die lug was en my loopbaan afgesluit het as aanbieder van ‘n daaglikse sportprogram en ook mede-aanbieder van die Mambo Jumbo middag program met Riaan van Heerden.
Ek bied ook tans die Radio Rosestad Saterdag ontbytprogram aan.

Christie Hansen

Christie Hansen

Omroeper; Bemarker

Ek is Christie Hansen, omroeper en bemarker by Radio Rosestad. Ek was ’n onderwyser voor ek met die radio deurmekaar geraak het.

Gerdie Karstens

Gerdie Karstens

Omroeper; Bemarker

Ek is ‘n omroeper en bemarker wat geseënd is met ’n pragtige gesin en ‘n wonderlike ondersteuningsraamwerk in my familie en skoonfamilie.
Voordat ek my liefde vir radio ontdek het, was ek vir 10 jaar ’n sportjoernalis in die stal van Media24, meer spesifiek by Volksblad.
Ek is ’n oudleerling van die Hoërskool Sand du Plessis en het ‘n BA-graad in taalstudie aan die UVS ontvang.
Ek is getroud met Tracey, en ons het twee dogters: Marelize en Elmé.
Gholf is my passie.

Gerda Niemann

Gerda Niemann

Omroeper

Die lewe is kort - so leer om meer te lag, veral vir jouself. Eet dai koek, vat daai kans en sing hard saam.

Ek is ’n nuwe omroeper by Radio Rosestad

Johan Gunter

Johan Gunter

Omroeper; AgriFM; Projekbestuurder

Ek is Bestuurder Projekte by Rosestad. Ek is ook deel van die Agri FM-program en Sondae tussen 07:00 en 07:30 bring ek vir jou n BodemloseKoppiKoffi op 100.6FM.

Marius de Klerk

Marius de Klerk

Omroeper

Gebore in die Kaap en matrikuleer in 1992 in Bloemfontein. Reeds sedert sy skooljare het die passie vir radio en liefde vir musiek die belanstelling net verder laat groei.

Marius het op 1 Jan 2018 by Radio Rosestad aangesluit as ’n deeltydste omroeper.

Hy is mal oor braaivleis, fliek kyk en sport. Sy trotste oomblik was die geboorte van sy 2 dogters.

Michiel Combrinck

Michiel Combrinck

Omroeper

Ek is gebore en getoë in die mooi Rosestad.
Musiek en mense is my passie en ek leef my passie uit voor die mikrofoon.
Ek is ’n pa, bobaas kok en groot Cheetah-ondersteuner.
Kuier saam met my weeksdae 09:00 tot 12:30.

Nicole Viljoen

Nicole Viljoen

Omroeper; Musiek Direkteur

nicole@rosestad.co.za

Gebore in Bloemfontein en beplan nie om erens anders te bly nie. Groot liefde vir die Rosestad en sy mense. Haar loopbaan is kleurvol want sy doen alles wat sy van hou.

Haar groot liefde le in Radio. “Om ’n omroeper te wees maak my hart gelukkig, goeie musiek kan alles regmaak”

Sy skryf graag en sing voor die tv met ‘n borsel as niemand by die huis is nie. Hou van oefen maar ook van eet so dit is ’n ewige stryd. Sy is n mense mens wat omgee oor haar gemeenskap en is betrokke by verskillende uitreikingsgroepe.

Riaan Schoeman

Riaan Schoeman

Omroeper; Bemarker

Ek is gebore op Volksrust in Mpumalanga en aangesien ek ‘n bankbestuurder se kind is, het ek grootgeword op verskeie plekke.
Ek bly die afgelope 20 jaar in Bloemfontein en is getroud met Nicoline. Ons is geseënd met twee kinders.
Ek is ‘n omroeper en bemarkingskonsultant by Radio Rosestad en geniet elke oomblik daarvan.
Ek is ‘n “onder die dekmantel rockster”, het ‘n geweldige soettand en ek versamel superheldspeelgoed.