Die Spesiale Ondersoekeenheid bevestig dat die tribunaal wat opdrag het om die geld wat deur staatskaping geplunder is te herwin, in Oktober daarmee begin

Die Spesiale Ondersoekeenheid bevestig dat die tribunaal wat opdrag het om die geld wat deur staatskaping geplunder is te herwin, in Oktober daarmee begin

Die Spesiale Ondersoekeenheid het bevestig dat die tribunaal wat opdrag het om die geld wat deur staatskaping geplunder is te herwin, in Oktober met sy werksaamhede sal begin.

President Cyril Ramaphosa het die stigting van die tribunaal tydens sy staatsrede in Februarie aangekondig.

Die hoof van die SOE, Andy Mothibi, het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Justisie en Korrektiewe Dienste gesê die eenheid sal voorlopig by die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg gevestig wees.