Die Staatskapingskommissie gaan getuienis van bankverteenwoordigers aanhoor

Die Staatskapingskommissie gaan getuienis van bankverteenwoordigers aanhoor

Die Staatskapingskommissie sal vandag getuienis aanhoor van verteenwoordigers van banke oor die sluiting van Gupta-bankrekeninge.

In 2016 het die vier belangrikste banke die rekeninge van Gupta-sakeondernemings gesluit, nadat daar beweer is dat die omstrede familie onbehoorlike invloed op oudpresident Jacob Zuma uitoefen.

In daardie stadium het Zuma gesê die banke se optrede is hoogs verdag en kan dui op samespanning.

Die Finansiële Intelligensiesentrum het verslag gedoen oor 72 verdagte transaksies ten bedrae van R6,8 miljard waarby die Guptas en hul maatskappye betrek is.