Die Staatspensioenfonds gaan nie hul befondsing aan Eskom staak nie

Die Staatspensioenfonds gaan nie hul befondsing aan Eskom staak nie

Die Staatspensioenfonds sê daar sal noodlottige gevolge wees as hulle ophou om Eskom te befonds.

Die fonds se beleggingsportefeulje het vanjaar met 8,3% gegroei tot 1,8-triljoen Rand teenoor verlede jaar se 1,6-triljoen Rand, ondanks ʼn stadige ekonomie.

Die fonds se hoof uitvoerende bestuurder, Abel Sithole, sê hulle sal voortgaan om Eskom te ondersteun in die rol wat hy in hulle beleggingsportefeulje speel.

Eskom het vanoggend weer Fase-2 beurtkrag ingestel.