Die stoflike oorskot van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe sal vandag en môre in die hoofstad Harare in staatsie lê

Die stoflike oorskot van die voormalige Zimbabwiese president Robert Mugabe sal vandag en môre in die hoofstad Harare in staatsie lê voor sy begrafnis wat na verwagting oormôre sal plaasvind.

Sy liggaam het gister in die land aangekom nadat hy Vrydag op 95-jarige ouderdom in ʼn hospitaal in Singapoer dood is.

Die stoflike oorskot is deur Mugabe se opvolger Emmerson Mnangagwa in ontvangs geneem en na sy nedersetting op Kutama geneem vir ʼn nagwaak.