Die Suid-Afrikaanse Toerismebedryfsraad sê die regering moet dringend aandag skenk aan vreemdelingehaat in die land

Die Suid-Afrikaanse Toerismebedryfsraad sê die regering moet dringend aandag skenk aan vreemdelingehaat in die land.

Gauteng het onlangs deurgeloop onder ʼn reeks dodelike aanvalle op buitelanders.

Botswana en Lesotho het reiswaarskuwings uitgereik vir hulle landsburgers wat Suid-Afrika wil besoek.

Tshifhiwa Tshivhengwa van die raad sê hulle is bekommerd dat die beeld van die land beskadig en beleggings weggedryf word.