Die Suid-Afrikaanse veteraan-aktrise, Christine Basson, is vanoggend in Johannesburg oorlede

Die Suid-Afrikaanse veteraan-aktrise, Christine Basson, is vanoggend in Johannesburg oorlede

Die Suid-Afrikaanse veteraan-aktrise, Christine Basson, is vanoggend in Johannesburg oorlede.

Sy het gister 78 geword.

Basson sal die beste onthou word vir die rol van Nora Naudé in die gewilde sepie Egoli – Plek van Goud wat vanaf 1992 tot 2010 oor M-Net uitgesaai is. Basson is oorlede in die hoësorgeenheid van ʼn aftreeoord in Randburg, Gauteng, waar sy gewoon het.

Verskeie akteurs het aan Basson hulde gebring en haar beskryf as een van die vriendelikste mense wat hulle geken het en ʼn ware mentor vir jong kunstenaars.