Die uitbreking van bek-en klouseer in Limpopo is 'n nasionale krisis, omdat Suid-Afrika die uitvoer van alle gesplete hoefdiere moet staak

Die uitbreking van bek-en klouseer in Limpopo is ‘n nasionale krisis, omdat Suid-Afrika die uitvoer van alle gesplete hoefdiere moet staak

Die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye sê die uitbreking van bek-en klouseer in Limpopo is ‘n krisis, omdat die land die uitvoer van alle gesplete hoefdiere soos beeste, varke en bokke moet staak.

Die siekte is by beeste in ‘n dorpie in die Vhembe distriksmunisipaliteit gediagnoseer.

Die staatsveearts, Botlhe Modisane, sê die land het nou sy status as ‘n bek-en klouseervrye gebied verloor.

Modisane sê Suid-Afrika moet nou sy handelsvennote in die internasionale gemeenskap inlig oor die siekte en alle uitvoere van gesplete hoefdiere en hulle produkte onmiddellik stopsit.