Die vakbondfederasie Fedusa wil hê Eskom moet onder sakeredding geplaas word

Die vakbondfederasie Fedusa wil hê Eskom moet onder sakeredding geplaas word.

Dit volg nadat mede-federasie Cosatu voorgestel het dat die kragvoorsieningskuld verminder word deur die spaargeld in die staatspensioenfonds
te gebruik.

Fedusa se waarnemende hoofsekretaris, Riefdah Ajam, sê hulle kan nie die idee om voortdurend geld in ‘n swart gat te gooi ondersteun nie, aangesien Eskom se onvolhoubare skuldvlakke die instelling insolvent gelaat het.