Die Valke is besig om ʼn klopjag uit te voer op die luukse Durbanse woning van die voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, Zandile Gumede

Die Valke is besig om ʼn klopjag uit te voer op die luukse Durbanse woning van die voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, Zandile Gumede.

Sy en nege ander mense staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en rampokkery wat verband hou met ʼn verdagte tender ten bedrae van 208-miljoen Rand vir vullisverwydering in Durban.

Die Valke en die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid het ook toegeslaan op die eiendomme van twee ander mense wat met die tender verbind word.

Die ANC het Gumede onlangs as burgemeester verwyder.