Die verbruikersprys-inflasiekoers val tot sy laagste vlak sedert 2011
Statistiek Suid-Afrika sê die jaarlikse verbruikersprys-inflasiekoers het in Oktober tot sy laagste vlak gedaal in meer as agt jaar.
Dit is 3,7% teenoor 4,1% in September.
Dit val binne die Reserwebank se inflasiedoelwit van 3% tot 6%.
Marika Bennett van Statistiek SA sê pryse het oor die algemeen onveranderd gebly vanaf September tot Oktober.