Die verdagte wat ’n stuk van sy tong verloor het toe hy glo ’n jong vroulike dokter in die Pelonomi-hospitaal probeer verkrag het, is vir sielkundige waarneming verwys

Die verdagte wat ’n stuk van sy tong verloor het toe hy glo ’n jong vroulike dokter in die Pelonomi-hospitaal probeer verkrag het, is vir 30 dae sielkundige waarneming verwys.

Netwerk24 berig die 30-jarige man het gister in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

In ’n verslag ná ’n kort sielkundige evaluering wat by die hof ingedien is, is aanbeveel dat hy vir ’n langer tydperk onder waarneming geneem moet word.

Hy is verwys na die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks in Bloemfontein vir waarneming.

Hy moet in September in die hof verskyn wanneer ’n verslag oor hom voorgelê word en oor verdere vervolging besluit sal word.