Die verhoor van Zander Bylsma word hervat

Die verhoor van Zander Bylsma, wat verdink word van die moord op twee tienermeisies van Stella, word vandag in die hooggeregshof in Mahikeng hervat.

Die meisies, die 17-jarige Sharnelle Hough en die 16-jarige Marna Engelbrecht, is in Mei verlede jaar dood gevind in die koshuis van die Hoërskool Stella.

Bylsma word daarvan verdink dat hy die meisies verwurg het.

Hough was voorheen in ‘n verhouding met Bylsma.

Borgtog is tydens ‘n vorige verskyning aan Bylsma geweier, omdat hy as ‘n vlugrisiko beskou word.

Die staat het onder meer ‘n brief as bewysstuk ingedien, waarin hy aan sy ma skryf hy beplan om na Botswana te vlug.