Die voormalige hoof van OPOD, Robert McBride, sal vandag voortgaan met sy getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping

Die voormalige hoof van OPOD, Robert McBride, sal vandag voortgaan met sy getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping

Die voormalige hoof van die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat, Robert McBride, sal vandag voortgaan met sy getuienis voor die kommissie van ondersoek na staatskaping in Parktown in Johannesburg.

McBride het Vrydag getuig dat twee senior OPOD-beamptes geskors is weens druk van die voormalige Minister van Polisie, Nathi Nhleko.

McBride sê nadat hy geskors is, is twee van sy medewerkers deur die waarnemende OPOD-hoof Israel Kgamanyane geskors, in opdrag van Nhleko.

Die kommissie se regspan is besig om ander getuies te identifiseer en te raadpleeg wat oor die volgende paar weke gevra gaan word om voor die kommissie te getuig.