Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor 'n man wat in hegtenis geneem en van moord aangekla word nadat hy 'n vermeende inbreker geskiet het

Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor ‘n man wat in hegtenis geneem en van moord aangekla word nadat hy ‘n vermeende inbreker geskiet het

Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor ‘n man wat in hegtenis geneem en van moord aangekla word nadat hy ‘n vermeende inbreker geskiet het.

Netwerk24 het onlangs berig oor die 65-jarige Giel Fourie van Grabouw in die Wes-Kaap wat ‘n inbreker twee keer in die bors geskiet het.

Dieselfde inbreker het vantevore ingebreek en sy vrou, Susan, vasgebind en beroof.

Die leier van die party, Pieter Groenewald, sê daar is die afgelope tyd hofuitsprake wat die indruk skep dat dit polities is.

Hy het na die Coligny- en sogenaamde doodskis-sake verwys.

Die party sê dit is ‘n kwade dag as die publiek nie meer op die beskerming van die polisie en ‘n objektiewe regbank kan staatmaak nie.