Die Vryheidsfront Plus sê SA Express het net nóg ʼn bodemlose put geword waarin belastingbetalers se geld verdwyn

Die Vryheidsfront Plus sê SA Express het net nóg ʼn bodemlose put geword waarin belastingbetalers se geld verdwyn.

Volgens die Vryemarkstigting het SA Express verlede jaar in November ʼn reddingsboei van R1,24-miljard van die regering ontvang.

Die diens het nou gewaarborgde regeringsbefondsing van ʼn verdere R300 miljoen ontvang.

Anton Alberts van die VF-Plus sê die regering sal een of ander tyd moet besef dat die staatsondernemings nie vir altyd gered kan word nie.