Die WGO sê daar is goeie nuus oor die stryd teen Covid-19

Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê daar is goeie nuus in die stryd teen Covid-19, want sowat vier tot vyf antivirale behandelings kan die intensiteit en duur van die sekte verminder.

Die woordvoerder van die WGO, Margaret Harris, het aan die media gesê vroeë studies het bewys dat algemene antivirale behandelings die pyn en duur van die siekte kan verlig.

Sy waarsku egter dat ‘n entstof nog ontwikkel moet word.