Doeanebeamptes in Dakar, Senegal het op ‘n skip van Brasilië af op bykans 800 kilogram kokaïen afgekom wat in reissakke in nuwe voertuie versteek was

Doeanebeamptes in Dakar, Senegal het op ‘n skip van Brasilië af op bykans 800 kilogram kokaïen afgekom wat in reissakke in nuwe voertuie versteek was.

Die voertuie was bestem vir Duitsland en Ghana.

Dit volg op verlede week se dwelmvonds van 238 kilogram kokaïen wat op dieselfde wyse gesmokkel is, maar na Angola onderweg was.

Wetstoepassers in die Kaap Verdiese Eilande en Guinee-Bissau het onlangs ook beslaggelê op ‘n groot besending dwelms.

Kenners meen dit dui daarop dat Suid-Amerika al meer gebruik maak van Wes-Afrika as ‘n smokkelroete vir sy dwelms na Afrika en Europa.