1 sterf by Eskom-aanleg in die Noord-Vrystaat

Een sterf by Eskom-aanleg in die Noord-Vrystaat

Een persoon is dood en nog een is ernstig beseer in ‘n voorval by Eenheid Vyf van Eskom se Lethabo-kragstasie in die Noord-Vrystaat.

Die kragverskaffer sê die voorval het laat gistermiddag plaasgevind.

Eskom sê die eenheid is tans buite werking weens ‘n breuk in die hoofstoompyp.

Die ander eenhede is egter steeds operasioneel.

Nooddienswerkers en die polisie, sowel as amptenare van Eskom, was gister op die toneel.

Volgens Eskom is die Departement van Arbeid oor die voorval in kennis gestel.