Een van Bob Hewitt se slagoffers wil verhoed dat hy parool kry

Die gevonnisde verkragter, Bob Hewitt, verskyn vandag vir die tweede keer voor die paroolraad in Port Elizabeth.

Een van sy slagoffers, Olivia Jasriel, sal die verhoor bywoon om sy vrylating teen te staan.

‘n Ander is oorsee, terwyl ‘n derde verkies om nie die verskyning by te woon nie.

Hewitt is in 2015 skuldig bevind aan die verkragting van twee meisies wat hy afgerig het en die onsedelike aanranding van ‘n derde.

Hy het reeds drie-en-‘n-half jaar van sy ses-jaar vonnis uitgedien