Eerste Nasionale Bank verwag dat die waarde van saketransaksies môre op Swart Vrydag met 16% sal styg

Eerste Nasionale Bank verwag dat die waarde van saketransaksies môre op Swart Vrydag met 16% sal styg.

Laasjaar het sy debiet- en kredietkaarthouers aankope van meer as R2,5-miljard gedoen.

ENB se kleinhandelshoofbestuurder, Raj Makanjee, het verbruikers gemaan dat Swart Vrydag die begin is van ‘n baie lang feesseisoen en dis belangrik dat hulle ordentlik beplan en begroot vir aankope.

Intussen het die SA Kommunisteparty in die Vrystaat die werkersklas aangemoedig om wat hy bestempel as Swart Vrydag se growwe verbruikersdruk te verwerp.