EFF se ontwrigting van minister Pravin Gordhan se begrotingsrede, na die subkomitee oor die Fisiese Verwydering van Lede uit die Huis verwys

EFF se ontwrigting van minister Pravin Gordhan se begrotingsrede, na die subkomitee oor die Fisiese Verwydering van Lede uit die Huis verwys

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thandi Modise, het die verslag oor die ontwrigting deur parlementslede van die EFF tydens minister Pravin Gordhan se begrotingsrede, na die subkomitee oor die Fisiese Verwydering van Lede uit die Huis verwys.

Dit volg nadat sy ʼn voorligting oor verlede week se voorval ontvang het.

Die Parlement sê die komitee moet binne tien dae verslag doen oor sy bevindings aan die Reëlskomitee waarna dié komitee gepaste optrede moet bepaal.