Egipte se bevolking is nou amptelik 100-miljoen

Egipte se bevolking is nou amptelik 100-miljoen.

In dié stadium word daar elke 18 sekondes nóg ‘n baba in dié Afrikaland gebore.

Die Egiptiese eerste minister, Mostafa Madbouli, het verlede week gesê sy regering se grootste uitdaging is bevolkingsgroei.

Egipte se bevolking het van 1990 tot huidig met 57-miljoen toegeneem.

Madbouli het gevra dat inligtingsveldtogte verskerp word om oorbevolking te beheer.

Nagenoeg 30% van die land se inwoners leef onder die broodlyn.