Eskom het aangekondig dat Fase-3 beurtkrag vanoggend van agtuur tot elfuur vanaand sal geld

Eskom het aangekondig dat Fase-3 beurtkrag vanoggend van agtuur tot elfuur vanaand sal geld

Eskom het op Twitter aangekondig dat Fase-3 beurtkrag vanoggend van agtuur tot elfuur vanaand sal geld.

Dit volg te midde van Eskom se verklaring gisteraand dat vier van sy sewe opwekkingseenhede wat onklaar geraak het, teen laat gisteraand in werking sou wees.

Die oorblywende drie kan na verwagting vandag ook weer krag lewer.

Eskom se woordvoerder, Khulu Phasiwe sê te midde van dié verklaring is die kragnetwerk steeds onder druk.

Hy sê mense sal op hoogte gehou word oor die situasie.

Groep 3 kom eerste aan die beurt vanaf 8 uur tot halfelf, waarna Groep 4 van 10-uur tot halfeen beurtkrag sal ervaar.

Groep 5 volg om 12 uur tot halfdrie en Groep 6 vanaf 2 uur tot halfvyf vanmiddag.