Eskom sê die nypende tekort aan steenkool gaan nie tot beurtkrag lei nie

Eskom kondig aan dat voorlopig geen beurtkrag vandag nodig is nie

Eskom het kort gelede aangekondig dat beurtkrag voorlopig nie vandag ingestel sal word nie.

Die Eskom woordvoerder, Khulu Phasiwe sê dit volg onder meer omdat sommige kragopwekkingseenhede na instandhoudingswerk weer aanlyn is.

Hy sê egter die kragnetwerk is steeds onder groot druk en die situasie sal hersien word indien daar verdere probleme by kragstasies is.

Suid-Afrikaners het gister vir die eerste keer in dae nié onder beurtkrag deurgeloop nie.