Eskom sê daar is dié week ʼn lae tot gemiddelde moontlikheid van beurtkrag

Eskom sê daar is dié week ʼn lae tot gemiddelde moontlikheid van beurtkrag

Eskom sê die kragstelsel is steeds onder druk en kwesbaar met ʼn lae tot gemiddelde moontlikheid van beurtkrag vir die res van die week.

Sekere van die kragopwekkingseenhede sal moontlik later die week weer in diens gestel word, wat die druk op die stelsel sal verlig.

ʼn Uitgerekte betoging deur werkers van die Optimum Steenkoolmyn, wat gister die pad na die Hendrina-kragstasie afgesper het, kan egter die omstandighede vererger.

Dié stasie is een van tien met minder as twintig dae se steenkoolvoorraad beskikbaar.