Eskom verwag nie dat hy beurtkrag gaan instel tydens die Covid-19-afsluiting nie

Eskom verwag nie dat hy beurtkrag gaan instel tydens die Covid-19-afsluiting nie.

Die aanvraag na elektrisiteit het gistermiddag reeds met meer as 6000-megawatt geval, met ‘n verdere vermindering in aanvraag wat tydens die
inperking verwag word.

Eskom het begin om sekere opwekkingseenhede af te skakel om die integriteit van die stelsel te beskerm.

Die voorsiener sê die eenhede is beskikbaar om op kort kennisgewing aangeskakel te word sou dit noodsaaklik word.