Eskom weet nie presies wat aanleiding gegee het dat Fase 2-beurtkrag ingestel word nie, maar verwag dat dit nog minstens ‘n week lank sal voortduur

Eskom is nie seker wat daartoe aanleiding gegee het dat Fase 2-beurtkrag ingestel word nie, maar is wel seker dat dit nog minstens ‘n week lank sal duur.

Die kragverskaffer het gister skielik beurtkrag ingestel en in ‘n verklaring die skuld gepak op ‘n gebrek aan steenkool en gebrekkige opwekkingsvermoë.

Eskom se bedryfshoof, Jan Oberholzer, het in ‘n onderhoud met Netwerk24 gesê Eskom weet nie presies wat gebeur het nie, maar dat kritieke skade aan ‘n steenkool-vervoerband by die Medupi-kragstasie die afgelope naweek daartoe bygedra het dat die kragstelsel op die randjie van ineenstorting staan.

Volgens Oberholzer is ‘n taakspan besig om ondersoek in te stel, maar kan beurtkrag vir minstens die volgende week voortduur.

Vanoggend om 9 uur kom groep 5 aan die beurt en groep 6 vanaf tien-uur.