Ethiopië kry sy eerste vroulike president

Ethiopië kry sy eerste vroulike president

Ethiopië se parlementslede het vir Sahle-Work Zewde verkies as die land se eerste vroulike president.

Sy vervang Mulatu Teshome Wirtu, wat gister onverwags bedank het.

Sahle-Work is tans die VN se onder-sekretaris-generaal en spesiale verteenwoordiger van die sekretaris-generaal van die Afrika Unie.

Verlede week toe die eersteminister die kabinet geskommel het, het hy 10 vroulike ministers aangestel wat van die Ethiopië nou die derde land naas Rwanda en Seychelle maak, om geslagsgelykheid in hul kabinette te bereik.