Floyd Shivambu se broer het na bewering R16-miljoen van die VBS Bank ontvang

Floyd Shivambu se broer het na bewering R16-miljoen van die VBS Bank ontvang

Die Reserwebank se forensiese ondersoek na die VBS Mutual Bank, het aan die lig gebring dat die broer van die adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu, R16-miljoen ontvang het van die bank wat ineengestort het.

Volgens die verslag verskyn Brian Shivambu se naam onder ʼn groep van 27 mense en maatskappye wat die grootste bedrae geld vanaf die bank ontvang het in wat beskryf word as plundery ten bedrae van R1,8-miljard.

News24 berig dat Floyd Shivambu en die EFF-leier, Julius Malema, nie onmiddellik gereageer het op versoeke om kommentaar te lewer nie.