Frankryk se president skop vas teen die geelfrokkie-betogings

Frankryk se president skop vas teen die geelfrokkie-betogings

Die Franse president, Emmanuel Macron, sal vandag met vakbonde en plaaslike verenigings oor die sogenaamde geel frokkie-betogings vergader.

Byna 2000 mense is Saterdag regoor Frankryk in hegtenis geneem weens voortslepende gewelddadige betogings teen Macron se regering.

Betogers het veral in Parys groot skade aangerig.

Monumente is gevandaliseer en motors en winkels is aan die brand gesteek en geplunder.

Talle betogers is ook beseer toe hulle met die polisie slaags geraak het.

Die Franse minister van Finansies sê die betogings is besig om die ekonomie te knou.

Die president se kantoor het gister bekendgemaak dat Macron binne dae ‘n belangrike aankondiging gaan maak.

Geen verdere besonderhede is egter
bekendgemaak nie.