Graderingsagentskappe kan positief reageer op Mboweni se aanstelling

Graderingsagentskappe kan positief reageer op Mboweni se aanstelling

Ekonome sê graderingsagentskappe sal waarskynlik positief reageer op die aanstelling van ‘n nuwe minister van Finansies.

President Cyril Ramaphosa het Tito Mboweni gister as nuwe minister aangestel.

Ekonome sê Mboweni het ‘n bewese rekord, veral as president van die Reserwebank.

Die graderingsagentskap Moody’s sal na verwagting Vrydag sy hersiening bekendmaak.

Internasionale graderingsagentskappe het vroeër die ekonomiese afswaai en beleidsonsekerheid as redes genoem vir hul afgradering van Suid-Afrika na rommelstatus.

‘n Ekonoom van Nedbank, Isaac Mashego, sê hy glo Mboweni se aanstelling en die mediumtermynbegroting op 24 Oktober sal ‘n positiewe invloed op die agenskappe se latere gradering hê.