Groot inspuiting vir die Atlantis-streek aan die Weskus

Groot inspuiting vir die Atlantis-streek aan die Weskus

President Cyril Ramaphosa het vandag die Spesiale Ekonomiese Sone in Atlantis in die Wes-Kaap bekend gestel.

Die gebied van bykans 125 hektaar, is bestem vir die vestiging van ʼn groen tegnologiese middelpunt.

ʼn Gesamentlike 1,8-miljard Rand sal na verwagting teen 2022 in die area belê wees met die skepping van ʼn duisend 200 werksgeleenthede. Ramaphosa sê die gebied gaan ʼn nuwe era inlei vir die gemeenskap van Atlantis.

Die minister van Handel en Nywerheid, Rob Davies, sê die plaaslike gemeenskap en KMMO’s moet voorkeur geniet in die werkskeppingsprogram van die sone.