Die Grondwethof sal na verwagting vandag uitspraak lewer oor die grondwetlikheid van Shaun Abrahams se aanstelling as hoof van die Nasionale
Vervolgingsgesag.

Die Hooggeregshof in Pretoria het laasjaar bevind dat oudpresident Jacob Zuma ongrondwetlik opgetree het, toe hy die aanstelling van Abrahams se voorganger Mxolisi Nxasana, beëindig het en die hof het die pos vakant
verklaar.

Nxasana het in 2015 ʼn goue handdruk ter waarde van R17,3 miljoen vanaf Zuma ontvang.