Huishulp van Bloemfontein is dood nadat sy haar werkgewer teen huisrowers beskerm

Huishulp van Bloemfontein is dood nadat sy haar werkgewer teen huisrowers beskerm

ʼn Vrystaatse huishulp is in die hospitaal dood, nadat sy met huisrowers geveg het om ʼn kankerlyer en ʼn outistiese kind te beskerm.

Die 66-jarige Mita Mphinya is Vrydag ernstig beseer tydens die aanval by ʼn huis in Langenhovenpark, Bloemfontein.

Haar werkgewer, die vryskutnavorser en –skrywer, Herman Toerien, het ʼn voetbesering opgedoen.

Hy het aan News24 gesê dat Mphinya met die rowers geveg het om die ander mense in die huis die kans te gee om te vlug.