Inhegtenisnemings volg nadat ʼn Vodacom-winkel in Limpopo in puin gelê is

Inhegtenisnemings volg nadat ʼn Vodacom-winkel in Limpopo in puin gelê is

Die DA in Limpopo sê hy het betroubaar verneem dat die polisie inhegtenisnemings uitgevoer het in verband met die vandalisme by die Vodacom-winkel in die Mall of the North-winkelsentrum in Polokwane.

Die winkel is deur vermeende EFF-lede in puin gelê ná negatiewe opmerkings oor EFF-leiers in die voorsitter van Corruption Watch, Mavuso Msimang, se toespraak by vanjaar se Vodacom Joernalis van die Jaar-toekenningseremonie.

Die DA se Jacques Smalle sê nog inhegtenisnemings sal na verwagting volg.