Inwoners van die Mangaung-Metro opnuut gemaan om water spaarsamig te gebruik

Rosestad nuus het van Rossouw Botes, waterkenner van die DA, verneem dat die Mangaung Metro, vanaand om ELF-uur, werk gaan begin om ‘n lekkasie reg te maak op die hooflyn na die Brandkop reservoir.

Ten tyde van die herstel gaan Brandkop nog nie vol water wees nie, en dele van Bloemfontein, Wepener ,Dewetsdorp en Reddersburg gaan geraak word deur watertekorte.

Volgens beplanning behoort die instandhoudingswerk teen Woensdag 4 Desember voltooi te wees.

Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om water spaarsamig te gebruik veral gedurende hierdie tyd.