Jacob Zuma se regslui sê die beslissing oor “agent van die vyand” is irrasioneel

Voormalige president Jacob Zuma se prokureurs sê die Durbanse hooggeregshof se beslissing in voormalige minister Derek Hanekom se laster-interdik sal weer hulle kliënt se verpligting om voor die staatskapingskommissie te getuig, in die wiele ry.

Die hof het Zuma Vrydag beveel om Hanekom om verskoning te vra en die twiet waarin hy na Hanekom as ’n agent van die vyand verwys, te verwyder.

Business Day berig dat die prokureurs in ’n aansoek om verlof tot appèl beweer dat die uitspraak inbreuk maak Zuma se reg op vryheid van spraak.

Hulle beweer ook dat die beslissing irrasioneel, onredelik en onbevoeg is.