Japan oorweeg dit om radioaktiewe water in die Stille Oseaan te stort

Die Japanse Tokio elektriese kragvoorsieningsmaatskappy, Tepco, sal waarskynlik radioaktiewe water van sy vernietigde Fukushima-kernkragaanleg in die Stille Oseaan moet stort, aangesien sy stoorplek opgeraak het.

Tepco het meer as ʼn miljoen ton besmette water uit die verkoelingspype van die aanleg versamel sedert dit in 2011 deur ʼn aardbewing en tsoenami beskadig is.

Die regering wag op ʼn verslag van ʼn kennerspaneel voordat hy ʼn finale besluit neem oor hoe om van die water ontslae te raak.