Joernaliste wag nog om te hoor of hulle toegelaat gaan word in die hofsaak van die drie beskuldigdes in die ontvoeringsaak van Amy-Leigh de Jager

Joernaliste wag nog om te hoor of hulle toegelaat gaan word in die hofsaak van die drie beskuldigdes in die ontvoeringsaak van Amy-Leigh de Jager.

Die drie mense wat in hegtenis geneem is, verskyn tans in Vanderbijlpark in Gauteng in die hof.

Die regter het egter gelas dat joernaliste eers die hof verlaat en sal elke aansoek vir bywoning individueel beoordeel.

Amy-Leigh is verlede Maandag buite Kollegepark Laerskool by haar ma gegryp en 24 uur later aan haar gesin terugbesorg.

’n Graad RR-onderwyser van Amy-Leigh se skool en wat bekend is aan haar ouers is een van die verdagtes.

Volgens berigte skuld die onderwyseres na bewering geld aan ’n georganiseerde misdaadsindikaat wat betrokke is by dwelmhandel en roof.