Julius Malema sê berigte dat sy adjunk, Floyd Shivambu, geld van die party misbruik is onregverdig

Julius Malema sê berigte dat sy adjunk, Floyd Shivambu, geld van die party misbruik is onregverdig

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê berigte dat sy adjunk, Floyd Shivambu, geld van die party misbruik, is onregverdig.

Die EFF-leier het op ‘n nuuskonferensie gesê die voormalige EFF-parlementslid, Thembinkosi Rawula, se aantygings van finansiële wanbestuur teen Malema en Shivambu is pogings om Shivambu te vernietig.

Volgens Rawula het dié twee EFF-leiers ook ‘n skenking van die VBS-bank ontvang.

Die EFF is intussen vol vertroue dat hulle met die verkiesings op 8 Mei die beheer in minstens drie provinsies gaan oorneem.

Malema sê die party stel nie daarin belang om die amptelike opposisie te word nie – hulle wil in die provinsies regeer.

‘n Onlangse peiling deur die marknavorsingsgroep Ipsos het getoon dat die EFF in Gauteng, Noordwes en Limpopo minstens die amptelike opposisie kan word